Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Beriggewer: Marna Lambrechts
Datum: 8 April 2014
Ons het op 8 April ons “Women Walk The World” gestap. Die ouerige dames en siekes het in ‘n motor gery en ons ander het gestap tot by Louis Burger se huis.
Louis was tot en met verlede jaar ons koster by ons kerk. Hy het dus altyd vir ons die saal reggemaak vir VLV-vergaderings. Hy het egter sy een been verloor en moes ook aftree.
Ons het toe besluit om vir hom iets te neem om dankie te sê vir sy onbaatsugtige diens wat hy aan VLV gelewer het.
Dit was baie warm, maar almal het dit sooo geniet en terug by die saal, was die tee en verversings ‘n lafenis.
Leave A Comment