Sirkel: Suid-Ooskus
Tak: Loerie
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Sameroeper: Henry Grobler

Berriggewer: Hester Marx
Datum: 20 Maart 2014

 

Jackie Riddle boer in die Gamtoosvallei, maar nie met sitrus. Sy is ‘n byeboer en ook goed op pad om die kweek van “dragon fruit” te bemeester.

 
In ‘n byekorf is 98% vroulike bye wat al die werk doen. Hulle moet die nes skoon en koel hou, nektar versamel en tot heuning verwerk.  Die klomp manlikes moet ook deur die vroulike bye gevoer word, want hulle stel net belang in kos en die voorreg om die koningin te bevrug. Hulle dae is dan ook getel nadat dié takie afgehandel is. Die koningin lê sowat 2000 eiers per dag. Sy kan besluit hoeveel bye manlik en hoeveel vroulik gaan wees.

 

Heuning is nie net ‘n versoeter nie, maar het ook anti-bakteriese eienskappe. En ‘n bysteek af en toe help vir artritis !

 

Aanbieder Henry Grobler en Jackie Riddle

 
Die “dragon fruit” is ‘n tropiese rankplant. Die groot wit blom gaan net snags oop en daar word min geslaap wanneer die blomme een vir een per hand met stuifmeel bevrug moet word. Die blom val nie vanself af nie en moet na twee weke verwyder word. Dit is ‘n tydrowende boerdery, maar wanneer jy die vrug oopsny en die sappige rooi of grys binneste proe, is alles die moeite werd.

 

Die vrugte het talle genesende eienskappe en is definitief nie “drakies” wat vuur spoeg nie.

 

‘n Oopgesnyde “dragon fruit”