Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Beriggewer: Susan Engelbrecht
Datum: 12 Maart 2014
Met die Konferensie op Prince Alfred Hamlet op 12 Maart 2014 het VLV Maria Stofberg baie goed presteer. Ons is trots op die ses trofeë waarmee ons huis toe kon gaan. Die wisseltrofee vir: ledetal bly konstant; goeie bywoning van vergaderings; 19 berigte op VLV-webtuiste; betrokke by ‘n sentrum vir multi-gestremdes en die gee van 160 spekboompies aan ‘n nabygeleë plaasskool. ‘n Trofee word ontvang vir die meeste punte behaal en ‘n volgende trofee word met Montagu gedeel vir die meeste inskrywings. Die tak ontvang ook vir die tweede opeenvolgende jaar die trofee vir die meeste punte op beginnersvlak. Twee individuele pryse word deur Alta Britz ontvang vir o.a. die meeste punte vir handbrei; asook die Ceres-trofee vir haar crazy patch-kussing.
Alta Britz se kussing van Switserse deurstopwerk kry 2de prys, en Tersia Hayman se sak van Afgaanse hekelwerk behaal 3de prys. Nellie Crafford behaal eerste prys met haar deurstop vir n kinderkamer.
Hettie Stander, ons voorsitter, ontvang die trofeë.
Magriet van der Merwe kry eerste prys vir haar Beeldhou-Engel.
Dames van die Maria Stofberg tak wat die konferensie bygewoon het.
Leave A Comment