Sirkel: Tygerberg
Tak: Welgemoed
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Wanda Cronje
Datum: 11 Maart 2014
Welgemoed tak het met ons laaste vergadering die voorreg gehad om Lize Beekman as gasspreker te ontvang.Dit was dan ook die eerste keer wat sy in die publiek haar seer en pad na herstel gedeel het.
Hoewel sy nie meer liedjies skryf nie, is sy beslis nie stil nie.Sy deel net haar kreatitiwiteit anders.Lize teken die afgelope twee jaar mandalas. Sy het van die mandalas wat deel vorm van haar eerste uitstalling in die Kaap, vir ons kom wys. Haar uitstalling is by De Malle Meul Function Venue, Philadelphia. Details oor die uitstalling kan bekom word op www.lizebeekmanart.com.
Elkeen van ons het elk van die mandalas wat sy kom wys het anders ervaar,asof die emosie wat sy daarin sit, deur elkeen anders geïnterpreteer word.
Mandalas word dikwels gebruik as terapie, presies wat dit vir haar is. ‘n Mandala is ‘n simmetriese tekening,wat met presiese herhaling van lyne of prentjies in verskillende kleure en mediums, ’n geheelbeeld vorm.
Volg gerus ook haar blog, http://artlizebeekman.com/blog-art-lize-beekman/. Dis nie net haar skrywes nie, maar dikwels ook inskrywings deur mense na aan haar.
Die maan as mandala.
Klein mandalas – herhaling.
Leave A Comment