Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Dania van der Walt
Datum: 9 Maart 2014
Tydens die onlangse Proe Mosselbaai kosfees het ‘n aantal lede van Voëlvlei tak ‘n kosdemonstrasie bygewoon by die Stoepsit Restaurant naby Vleesbaai.
Rika de Villiers en Christine Beytell.
LNR agter: Christa Zietsman, Elize Locke (voorsitster) Rika de Villiers en Ina van Zyl, voor: tannie Poppie en Christine Beytell.
Tannie Poppie Coetzer, alom bekend na haar deelname aan die Kokkedore koskompetisie, is ‘n inwoner van Kriel in Mpumalanga en is bereid om dwarsdeur die land te reis om kosdemonstrasies te doen en dit was ‘n groot voorreg vir die lede om die geleentheid by te woon. Ten spyte van die feit dat sy nie ‘n wenner by die Kokkedore kompetisie was nie, het sy ‘n kookboekkontrak gekry en die boek behoort teen Moedersdag (11 Mei) beskikbaar te wees.
Die uithaler geregte (al die geregte is voorberei op ‘n oop vuur) wat sy by die geleentheid demonstreer het was:
Voorgereg: gerookte mossels toegedraai in spek met Haloumi kaas
Hoofgereg: skaapvleis met uie gaargemaak in Balsamiese asyn en soetwyn en gegeur met Ansjovisfilette – geen sout of peper bygevoeg nie
Nagereg: plaatkoekies met bessie-compote bedien met Mascarpone
Leave A Comment