Sirkel: Overberg
Tak: Caledon
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Yvonne Pretorius
Datum: 6 Maart 2014
Lede van Caledon tak het besoek afgelê by die Inheemse Boom Kwekery van Janet Hauman op die plaas Diepgat, geleë in die Hemel en Aarde vallei tussen Caledon en Hermanus.
Retha Skein, voorsitter, saam met Janet Hauman (regs).
Janet het die kwekery as ‘n stokperdjie op haar man John se plaas begin en het nie die reuse aanvraag na inheemse bome verwag nie. Die gevolg was dat die stokperdjie vining uitgebrei het tot ‘n inheemse boom kwekery met sowat 6 000 verskillende bome in verskillende grotes te koop.
‘n Klein gedeelte van die inheemse bome beskikbaar.
Haar bome is veral in aanvraag by landskapargitekte en munisipaliteite. Janet se kontakinligting is 028 212-2342.
Die middag was gesellig afgesluit met koeksisters, toebroodjies en tee.
Die VLV-lede wie die kwekery besoek het, met Janet agter, derde van links.
Leave A Comment