Sirkel Kaapstad
Tak: Strand
Beriggewer: Annemarie Skibbe
Datum: 6 Maart 2014
Strand tak het, getrou aan die tradisie van bywoning, die VLV-konferensie van Sirkel kaapstad te Rondebosch bygewoon. 11 Lede het die dag as besoekers bygewoon en dit geniet. Die afgevaardigdes was Gail Buys en Annaléze Sieberhagen en die bestuurslede Erna de Waal, Kunste & Handvlyt, asook visepresident en Maretha Badenhorst, sameroeper van Gesondheid, het die totaal op 15 lede gebring.
Uitslae van kompetisies:
Administratief: 3 Trofeë:
Tak met 2de hoogste bywoning
Trofee vir uitstekende Administrasie
Tak met hoogste ledetal groei
Gebak: 3 Trofeë
1ste vir vetvrye botterbroodjies : Leta du Preez
1ste vir lemoenstokkies: Annaléze Sieberhagen
2de Hoogste totaal
Leefstyl: 4 Trofeë
1ste Gebreide kussing oortreksel; Annemarie Skibbe
Trofee vir die hoogste punte in Naaldwerk: Annemarie Skibbe
1ste vir tatting: Annette Stander
2de Hoogste totaal
Kunste- & Handvlyt: 5 Trofeë
1ste Fleur et skoen: Jossie van Schoor
1ste Mosaïekmuurprent: Leta du Preez
1ste Fotografie: Annemarie Skibbe
1ste Lang slanke Engel: Leta du Preez
Hoogste totaal
Die uitslae en 15 trofees wat verower is, het die tak baie trots gemaak.
LNR Leta du Preez, Annemarie Skibbe, Gail Buys (afgevaardigde), Annette Stander, Annalize Sieberhagen, Jossie van Schoor, met ‘n paar van die trofeë.
Leave A Comment