Sirkel:  Cradock
Tak: Hofmeyr/Cradock
Beriggewer: Teresa Opperman

 
‘n Besondere geskiedkundige foto van ‘n VLV-vlot tydens die feesvierings in Cradock, toe die Staatspresident en sy gade die dorp besoek het op Republiekdag 1969, en VLV Sirkel Cradock ‘n tuinparty saam met die egpaar gereël het.

 
Die geleentheid is deur 300 hooggeplaastes in die Van Riebeeck Karootuin langs die plein in Cradock bygewoon.  Nog meer insiggewend is dat die Kongres van 2015 langs dieselfde plein in die Stadsaal gehou sal word –  skuins oorkant die NG Moederkerk, ook hier op die foto.

 

Die vlot toon die driepootysterpotjie met vlae en ‘n paplepel. Langs die vlot staan Huis & Haard geskryf en 8 lede, wat die verskillende portefeuljes uitbeeld, loop weerskante van die vlot. Ongelukkig is hul gesigte nie sigbaar nie.

 

1