Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 20 Feb. 2014

 

Die eerste vergadering van ‘n nuwe jaar by Paarl Aand is gewoonlik ‘n demonstrasie en ‘n lekker gekuier. Vanjaar het Marlies Naudé, sinoniem met Fairview in die Paarl, ‘n cheese and wine pairing aangebied en ook meer vertel van die opwindende uitbreidings en ontwikkelings by Spice Route, die plaas wat Charles Back langs Fairview bekom het. Vir besoekers op soek na ‘n unieke smaakervaring, is daar die wynproelokaal, ‘n deftige restaurant, die Barley-en-biltong deli, ‘n bierbrouery, ‘n sjokoladefabriek, die koffieroostery, teetuin, grapparea, pizzeria en Brenda se konfytbedryf om uit te kies.

 

1

VLV-lede kuier gesellig saam. In die voorste ry sit v.l.n.r.: Petro Boshoff, Charlotte Loubser (gas), Martell Swart, Tersia Pretorius.

 

2

Bestuurslede saam met die spreker: v.l.n.r.: Una Engelbrecht (Sekretaresse),  Marlies Joubert van Fairview, Christina Kuiler, Hetta van der Merwe (Voorsitter), Geretha Brand, Petro Boshoff

 

3

Marlies Joubert van Fairview is passievol oor kaas en wyn voor ‘n waarderende gehoor