Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Mari Hendriks
Fotograaf: Mavis van Eyk
Datum: 20 Februarie 2014

 
Mnr. Justin Oliphant het ons kom vertel van sy werk onder die bendes in Port Elizabeth. Hy wys ‘n film wat hy ‘Endangered Species’ noem.

 

1

 

Die film handel oor dwelmmisbruik. Kinders so klein soos 5 jaar oud gebruik al tik. Tik is geweldig verslawend. Kinders bly tot 3 dae lank wakker en hiperaktief. Hulle is ook aggressief en huiwer nie om te skiet in bendegeweld nie. Hulle gee ook stokkielekkers vir kindertjies waarop daar tik is. Ouers leef in vrees vir wat hul kinders kan aanvang.

 

2

 

Februariemaand is Vriendskapsmuntmaand en ons dames het ruim bygedra. Op die foto is Itha Opperman met die munte in ‘n vaas.

3