Op 7 Februarie, die dag na die VLVK-spogtee, het VLVK aandag gegee aan die VLVK- ARMOEDEPROJEK: VLVK RAAK HART EN HANDE by name die Evaprojek en  die Boekie- en Waslappieprojek.
Boekie- en Waslappieprojek: Sirkel Tygerberg het die skenkings wat Kongresafgevaardigdes na Kongres 2013 gebring het, sorteer, VLVK Gee Om-plakkers in die 1 077 boekies geplak, alles in splinternuwe kartonne verpak en in mev. Lettie van Wyk se huis gestoor totdat dit met mev. Caro Ekermans se voertuig na Laerskool Brückner de Villiers en 17 Phisantekraal bewaarskole geneem is vir die oorhandiging op 7 Februarie 2014.

b1

b2
V.l.n.r. Mev. Caro Ekermans, (Sirkelpresident: Sirkel Tygerberg); dr. Pieter Ekermans – wat die boeke heen-en-weer moes vervoer;  mev. Maretha Bester (Voorsitter VLV Parow) en mnr. Jannie Bester.

 

b3
V.l.n.r. Mev. Elmarie Human (Sirkelsekretaris: Sirkel Tygerberg); mev. Karien van Schalkwyk (VLVK-visepresident); mev. Erika Lubbe (VLVK-president); mev. Caro Ekermans (Sirkelpresident: Sirkel Tygerberg); mev. Margaret Olivier, Maatskaplike werker: Ruyterwacht Gemeenskap) en Marinda du Toit (Visesirkelpresident: Sirkel Tygerberg). Mnr. Jannie Bester het die Evaprojek se skenkings wat damesonderklere, papierdoeke en persoonlike items bevat het, ook netjies verpak in kartonne, na die maatskaplike werker, Margaret Olivier, vervoer.

 

‘n Bos proteas vir ons Stigterspresident

Nadat die VLVK-Armoedeprojekte op 7 Februarie, die dag na die spogtee te Eensgezind, afgehandel is, het die VLVK-president, mev. Erika Lubbe, namens VLV-Kaapland ‘n bos proteas op die Stigterspresident, mev. Jossie Ackermann, se graf in die Franschhoek-begraafplaas geplaas. Sy is vergesel deur mev. Marinda du Toit, Visepresident van Sirkel Tygerberg, mev. Caro Ekermans, Sirkelpresident van Sirkel Tygerberg en mev. Karien van Schalkwyk, die VLVK-visepresident.

b4  b5