VLVK het op 6 Februarie 2014 hul 85ste herdenking op luisterryke wyse te Eensgezind Trou- en Konferensievenue, 20 km buite Durbanville, gevier.

1

VLVK-lede het van heinde en verre gekom om te deel in die feesvierings – tot sover as Reivilo in die Kalahari,  Kimberley en Distrik, Griekwaland-Wes, Port Elizabeth en omliggende dorpe, Namakwaland, Noordwes-Kaap, Suid-Westelike Distrikte, die Overbergstreek, Paarl en omliggende dorpe, die Suid-Karoo, die Suid-Ooskusstreek, die Weskus, Worcester en buurdorpe en natuurlik Kaapstad en die Tygerbergstreek.

 

2

Die tafellyste gemaak deur Estelle du Plessis, Sirkelpresident van Sirkel Weskus, vir 310 feesgangers wat ook hulde gebring het aan al die voorgangers deurdat die vorige VLVK-president, mev. Annatjie Oosthuizen, ‘n kers aangesteek het vir: die Stigterspresident – mev. Jossie Ackermann, die ander VLVK-presidente, VLVK-visepresidente, Hoofbestuur-, Sirkel- en Takbestuurslede, elke liewe VLVK-lid en Kantoorpersoneel wat die huidige lede voorafgegaan het!

 

3

Die tafels was treffend en stylvol met wit en pienk kerse in silwer- en kristalkandelare, verskillende vorms glas vase en outydse koppies met pienk rose  versier.

 

4

5  6

7
Almal is met ‘n fris en vars drankie van lemoen- en granaatsap verwelkom. Die pragtige blomme was alles die handewerk van Johlene Muller, Sirkelpresident van SWD, Rita Schutte van Sirkel Tygerberg en Hermien van Zyl, Sirkelpresident van Sirkel Overberg.

 

8  36

Die VLVK-projek: Bra’s and Beads, wat die klem op borskanker laat val, het tydens die funksie sy hoogtepunt bereik met  pragtige uitstallings oral in die lokaal. Hierdie bra’s is deur VLVK-lede self ontwerp en borduur. Lynette Martin, Sirkelpresident van Sirkel Middelland wat self  van die bra’s borduur het, het die projek onder haar vlerk geneem, klasse en werkswinkels aangebied, die koördinering gedoen en die totale uitstalling tydens die funksie behartig.

 

10
Erika Lubbe, VLVK-president; Magdie de Kock, verteenwoordiger en spreker van Westfalia; Wilna Nel, Sirkelpresident, Noordwes-Kaap.

 

11

Ludwig Taschner met die VLV Kaapland Roos, Westfalia met die verskillende geure avokado-olie, VLVK met die VLVK-resepteboek, KONTREIKOS PLUS, en die geborduurde gedenkskinkbordlap vir die 85ste herdenking , Sirkel Tygerberg en Sirkel Middelland met stalletjies met ‘n verskeidenheid produkte te kus en te keur wat baie goed ondersteun is.

 

12
Mev. Ronella Rademeyer, VLVK-erepresident, het ‘n treffende oorsig  oor 85 Goue Jare van VLVK gegee.

 

13
Erika Lubbe, VLVK-president oorhandig namens VLVK aan die rooskweker, Ludwig Taschner, ‘n oorkonde as erkenning, gelukwensing en dank as wêreldbekende rooskweker van formaat. Ludwig Taschner het die totale roosgeskiedenis verander deur rose in houers te begin plant en sodoende rose dwarsdeur die jaar beskikbaar gemaak. Rose was eers net eenmaal per jaar in die winter as blaarlose, gesnoeide stokke beskikbaar. Die treffende oorkonde is deur die VLVK-webmeester, Natania Schmidt, gemaak.

 

17

Feesgangers luister aandagtig. Heel voor regs sit VLVK-argivaris, Louwna Hoving.

 

14

15

16

18

19

27

Feesgangers luister aandagtig tydens die funksie.

 

20
Feestelike verversings uit die hoogste rakke, deur die Eensgezind-kombuis voorgesit, is deur die feesgangers geniet.

 

32
Sharon Terblanche, VLV-lid van VLV Durbanville, Sirkel Tygerberg, en mede-eienaar van Dairy Exchange, wat al die lemoensap vir die funksie geborg het, saam met Ludwig Taschner.

 

33
Die doop en die amptelike oorhandiging van die VLV-Kaapland Roos. Erika Lubbe, VLVK-president, gee die VLV-Kaapland Roos, amptelik sy wettige naam terwyl Ludwig Taschner ‘n bos van die rose met pienk vonkelwyn besprinkel.
Ludwig Taschner het spesiaal die VLV-Kaapland Roos vir VLVK se 85ste herdenking gekweek. Daar is reeds al meer as 1 000 plante van die roos verkoop. Die roos kan deur die VLVK-hoofkantoor bestel word, is beskikbaar by Ludwig se roosplaas – Ludwig’s Roses, noord van Pretoria, en ook by die Winelands Kwekery naby Stellenbosch of vra u plaaslike kwekery om die roos vir u te bestel.

 

34

Huis en Haard-koördineerder, mev. Lynette Martin oorhandig aan mnr. Ludwig Taschner ‘n VLVK-geskenkpak.

 

35 36
Nog pragtige bra-skeppings deur die lede self gemaak.

 

37

Erika Lubbe, VLVK-president, oorhandig aan VLV-lid, mev. Martie Jordaan, ‘n bossie VLV-Kaapland Rose as gelukwensing met haar 85ste herdenking saam met VLVK.

 

38
Die verjaarsdagkoek, deur die Eensgezind-kombuis gebak en voorgesit, het bestaan uit rooi fluweelkoek kolwyntjies versier met meringue en roosblare.

 

39
Magdie de Kock, spreker en verteenwoordiger van Westfalia, oorhandig aan Erika Lubbe ‘n geskenk van dank vir VLVK se ondersteuning.

 

40

Feesgangers geniet die sang van Andriëtte Norman terdeë en het lustig en vrolik meegedoen.

 

42

Feesgangers van Sirkel Paarl en Sirkel Tygerberg geniet die verrigtinge.

 

45
Johlene Muller, Sirkelpresident van Sirkel Suid Westelike Distrikte, oorhandig aan Andriëtte Norman ‘n VLV- Kaapland Roos na haar optrede.

 

46
Mev. Annatjie Oosthuizen, die vorige VLVK-president, klink ‘n glasie op VLVK se 85ste verjaarsdagviering!

 

47
Mev. Erika Lubbe, by ‘n bos van die VLV-Kaapland Roos, klink ‘n glasie met mev. Mariana Rabie, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo. Mev. Rabie het die heildronk op VLVK ingestel.

 

48
Die VLVK-erepresident en Kurator van die VLVK-tekstielmuseum: mev. Ronella Rademeyer, die vorige VLVK-president: mev. Annatjie Oosthuizen; 2 vorige VLVK-visepresidente: mevv. Muberna van der Merwe en Lydia Geldenhuys; vorige VLVK-hoofbestuurslede; mev. Erika Lubbe: huidige VLVK-president; VLVK-argivaris: mev. Louwna Hoving; VLVK-webmeester: mev. Natania Schmidt; Huis en Haard-koördineerder: mev. Lynette Martin, die huidige VLVK-hoofbestuur en die huidige VLVK-sekretaris, Marianna Jordan.

 

49
Mev. Ronella Rademeyer, ‘n VLVK-erepresident en agste VLVK-president; mev. Erika Lubbe: huidige en tiende VLVK-president, en mev. Annatjie Oosthuizen, die vorige en negende VLVK-president. Mev. Margie Visagie, die ander VLVK-erepresident, was nie teenwoordig nie, omdat sy ongesteld is.

 

50
Die huidige VLVK-hoofbestuur.

 

51
Porchia Adams, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap, Hermien van Zyl, Sirkelpresident van Sirkel Overberg, Lucia Dorfling, VLVK-verteenwoordiger by Agri Oos-Kaap, en Lorraine dut Toit, Visepresident van Sirkel Overberg, klink ‘n glasie op VLVK se 85ste herdenking asook die VLV-Kaapland Roos.

 

52

Mev. Henriëtte Smit, VLVK-kompetisie Kursusaanbieder; mev. Ronella Rademeyer, VLVK-erepresident en Saamroeper van die VLVK-beoordelaarspaneel; mev. Elizabeth Cloete, lid van die VLVK-beoordelaarspaneel.