Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 6 November 2013
Die bestuur van Langebaan tak het die lede bederf met ‘n vergadering uit die boonste rakke.
Bedankings is gedoen vir die afgelope jaar en dames is bederf met geskenke.
100% bywoning.
Pragtige blommosaïek.
Die tema was: ‘n Vrou na God se hart.
Tanya van den Berg (gasspreker) het ons dames omtrent begeester. Sy het vir ons voorgelees uit Lukas 10 waaruit dit duidelik was dat dit vir Maria gegaan het oor haar hart.
Spreker Tanya van den Berg en Janeen Potgieter.
‘n Vrou na God se hart, is ‘n vrou wat:
1) ‘n Hart vir haar God het. Toegewy aan God, in gebed en daad. ‘n
Hart verbind tot Sy woord.
2) ‘n Groot hart vir haar man het. Dames maak jou man jou beste
verhouding. Naas God moet hy jou grootste verhouding wees.
3) ‘n Hart vir haar kinders / kleinkinders het. Tree by God in vir
jou kinders / kleinkinders. Gee liefde in oormaat.
4) ‘n Hart vir haar tuiste het. Vroue moet ‘n gevoel by die huis skep.
Die vrugte van die gees moet uitgeleef word.
5) ‘n Hart vir haar bediening het. Dames raak mense se lewens positief
aan.
‘n Vrou se hart moet gerig wees op God. Maak God jou prioriteit in die lewe. Hoor die Heilige Gees se stem. Lewe met integriteit. Gee jou hele menswees oor aan God.
Sangitem: Serine Hamilton (Graad 6-leerder aan Topolino) en Hettie
Hanekom.
Leave A Comment