Sirkel: SWD
Tak: Heidelberg
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Driekie Uys
Datum: 17 September 2013

 

Gertude Kalyango is ‘n 55jarige Ugandese student aan die Charis Bible School op Heidelberg. Sy het met interessante vertellings ons meer ingelig en vertel van Uganda.

 

u1

 

Uganda is op die ewenaar  wat daartoe lei dat temperatuur tussen 24 en 26⁰C wissel. Die humiditeit is baie hoog en as gevolg daarvan is dit heel jaar groeiseisoen en kan tot drie oeste van lande afgehaal word. Uganda het omtrent 20 verskillende bevolkingsgroeperings met elkeen sy eie dialek of taal. Engels is die amptelike taal. As gevolg van poligamie is daar 33 miljoen inwoners en  gemiddeld 7.2 kinders per vrou. Gertude kom uit ‘n familie van 24 kinders.
Onderwys is deur Brittanje ingestel en ‘n Britse stelsel word gevolg waar seuns en dogters gelyke geleenthede het.  Ouers betaal onderrig tot voor hoërskool waarvandaan die staat verder betaal.  Seuns kry voorrang by skoolbywoning. Haar pa het in opvoeding geglo en dogters het ook die geleentheid gehad om te studeer.

 

Tradisionele huise word van bamboes en modder gebou, maar meer moderne  huise word gebou. “Jy is slegs ‘n man as jy jou eie huis gebou het” is ‘n Ugandese beleid en huise word gebou soos wat die mans geld het. Elke huis het sy eie rioolstelsel wat ‘n ‘longdrop’ insluit. As gevolg van onrus in die vroeë tagtigs, het huise baie hoë mure rondom die huise.

 
Gesondheidsdienste is toeganklik vir almal, maar almal moet bydra as hul van dienste gebruik maak.
Kos word net gestoom. Dit is nou nog vir haar ‘n aanpassing om aan Suid-Afrika se kos gewoond te raak. Haar eerste belewenis wat haar by bly, is die verwondering dat almal skoene het om te dra. Sy kry ook swaar met die uiterste temperature op Heidelberg, baie warm in die somer en baie koue winters.