Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 17 September 2013

 

Op ‘n koue, nat wintersoggend het Hester Geringer, ons sirkelsameroeper vir naaldwerk, ons tak kom besoek.  Sy het van haar passie vir borduur gepraat en aan ons die mees ongelooflike werk gewys.  Sy reken dat kruissteek, Australiese kruissteek, Hardanger en Assisi werk redelik “eenvoudig” vir beginners is.  Sy is entoesiasties oor haar werk en het lede beslis geïnspireer om aan die kompetisies deel te neem.

 

g1

Links Magdeleen Joubert (sameroeper) en Hester Geringer
Paula Furness, een van ons lede, het haar naaldwerk aan ons kom wys en ook vertel van haar passie.  Alles het 40 jaar gelede begin met die herstel van stukkende speelgoed van die Rooi Kruis Kinderhospitaal. Later het sy beertjies vir die hospitaal begin maak en nog later allerhande ander diere wat oorsee baie gewild begin raak het.  Sy was ook lid van die Kwiltgilde.

 

g2

Paula se pragtige kwilts en kussings

 

g3

Paula met Raggedy-Ann (regs)

 

g4

Die lede het fluks aan die beertjies vir Tygerberg Hospitaal se niereenheid gebrei.  Dit word in die kinders, wat onder behandeling is, se kerspakkies gesit.  Dit is een van ons tak se omgee-projekte hierdie jaar.