Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Leefstyl en Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Dania V/D Walt
Datum: 17 September 2013

 

Tydens Voëlvlei se  laaste formele vergadering  van 2013 gehou op 17 September, het ons ‘n paar interessante demonstrasies gehad.

 

v1

Voorsitster, Elize Locke, het ‘n rolkoek gedemonstreer waar daar patroonontwerpe ingebak is.  Die idee is via die Internet op You Tube gekry.  Die ontwerp word op bakpapier geteken,  waarna ‘n klein bietjie van die beslag gekleur en dan verdik word met koekmeel. Die patroon word dan ingekleur met die beslag en dan word dit eers gevries vir ‘n paar minute.  Daarna word die res van die beslag oor die patrone gesmeer en gebak. En Voila!

 

v2

Die Leefstyl sameroeper, Tineke Reinink, het idees gegee hoe om ‘n bandana in ‘n rokkie om te tower.

 

v3

Die Kunste & Handvlyt sameroeper, Rika de Villiers, het die dames gewys hoe om ‘n “boksie” in die vorm van ‘n gieter te vou.  Die dames het ook die geleentheid gekry om elk ‘n geskenkboksie van karton te vou.

 

v4

Fleur et Skoen is gedemonstreer deur Jemine Smalberger en interessante idees vir onderborde is ook aan die dames gewys.
Die middag is afgesluit met tee en ‘n happie versierde rolkoek!