Sirkel: Worcester
Tak: Bonnievale
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Datum: 12/09/2013
Beriggewer: Gesina de Wet
Bonnievale is baie bevoorreg om twee biblioteke te hê wat baie goed funksioneer en goeie diens lewer. Mev. Corine Syferts is die hoof van die biblioteke en het die dames ingelig oor die dienste wat die biblioteke bied. Sy verduidelik die nuwe “ IDkaart” uitleenstelsel wat in gebruik geneem is. Sy gee ook inligting oor alle dienste wat aangebied word, onder andere die rekenaarfasaliteite, ens.
Corine Syferts aan die woord.
Sensei Chynthia Coetzee van Ashton gesels oor selfverdediging. Sy wys daarop dat ons altyd waaksaam moet wees, want dit is ongelukkig so dat ons niemand meer kan vertrou. Ons moet op ons hoede wees, selfs al vra iemand net hoe laat dit is. Moet nooit ‘n tuin- of huiswerker wat op ‘n ongeleë tyd met versoeke opdaag, vertrou nie. Ouer persone is sagte teikens en 92% van aanrandings is op persone bo 75 jaar. Moet ook nie jongmense of kinders blindelings vertrou nie, want 76% van aanrandings is deur persone jonger as 30 jaar.Sy gee wenke oor hoe om motorsleutels,handsakke, sambrele, ens. te gebruik om jouself te verdedig. Sy beklemtoon dat jy nooit moet huiwerig wees as jy terug “aanval”. Daarna gee sy en die vier karate swart belt studente, wat saam met haar gekom het, eenvoudige praktiese voorbeelde van hoe om jouself te verdedig. As daar musiek was, sou die uitvoering van die tegnieke meer na danspassies gelyk het. Nietemin het die lede hul goed teëgesit toe hulle aangeval is.
Sheila Doubell (links) en Hettie Burger is nie besig om danspassies te leer nie.
Elizabeth Basson (links) en Hetta Meiring neem die oefening baie ernstig op.
Sensei Chynthia Coetzee en Carna Rouch demonstreer nog ‘n paar sefverdedigingstegnieke.
Leave A Comment