Sirkel:  Weskus
Tak: Citrusdal
Portefeulje:  Leefstyl
Beriggewer:  Jolien Mouton
Datum: 11 September 2013

 

Rieldanse is ’n tipe volksdans wat stam uit die Koi en San. Riel is afgelei van die Skotse woord “reel”  wat  soortgelyk is aan ’n Skotse dansvorm van die  platteland. Dit is ’n trapdans met arms wat saam beweeg.

c1

 

Soms moet die meisies op die vloer kniel of lê en die mans  “riel” dan voor of om die meisies .  Die danse  van die rieldansers het gewoonlik rondom ’n vuur plaasgevind. Cederberg Akademie se rieldansers  het die VLV kom vermaak met hul optrede by September se algemene vergadering.  Die rieldansers van Cederberg Akademie het  baie talent en die Betjies van Betjiesfontein het beslis kompetisie.

 

’n Groepie dogters wat onlangs deelgeneem het aan Mej. Cederberg Akademie het hul pragtige aandrokke tydens ’n modeparade by die VLV vergadering vertoon.

c2

 

Meline Röntgen  is  in Citrusdal bekend vir  haar pragtig versierde koeke. Onlangs het sy  demonstreer  hoe om koekies te versier met  verskeie soorte gekoopte   versiersuiker. Sy het met entoesiasme die lede ingelig oor al die verskeie soorte versiersuikers wat in die mark verkrygbaar is en ook waar om dit aan te koop. Sy het ook vertel van die verskillende apparate wat gebruik kan word om te help met die versiering van koekies. Haar passie en kreatiwiteit het die lede aangespoor om deel te neem aan die werksessie,na die demonstrasie , om hul eie koekies, wat  vooraf deur haar  voorberei is, self te versier. Almal was nie ewe handig met die fyn werk wat daarin gaan nie, maar het dit as groot pret beleef. Sommige lede was egter meer  vaardig en kon met pragtig versierde gemmervroutjies en mannetjies huiswaarts keer.

c3

c4

 

Lewouna Sauls het  aan elke lid ’n monstertjie parfuum geskenk van haar Watkins-reeks wat sy verkoop. VLV waardeer elke bydrae deur borge aan hulle geskenk.