Sirkel:  Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Jackie Barnardt

Datum: 11 September 2013

 

9 Lede besoek die plaas Britsevlakte van Jackie en Johannes Barnardt in die Uniondale distrik.

 

u1

 

Groentesaadproduksie in Suid Afrika dateer vanaf 1942. Gesofistikeerde groentesaadbedryf het in SA in sekere gebiede tot stand gekom soos byvoorbeeld die Klein Karoo met sy lang dae, koue winters en droë somers. Vandag kom uiesaadproduksie in groot dele van die land voor.

 

Die ekonomiese lewensvatbaarheid van uiesaad is baie goed omdat die grootste persentasie van uiesaad uitgevoer word wat weer Buitelandse valuta vir die land verdien.
Die produksie van uiesaad is baie arbeidsintensief en verskaf baie werk aan plaaslike mense. Suid Afrika word ‘n al hoe  belangriker saadproduserende land aangesien die saad van hoë gehalte is.

 

Die dames besoek ook die lande waar Johannes verduidelik hoe drupbesproeiing toegepas word.