Sirkel: Tygerberg
Tak: Parow-Oos
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Danela Smit
Datum: 11 September 2013

 
Parow-Oos se lede het ‘n heerlike oggende gehad so tussen al die dae van wind en reën wat ons die afgelope tyd hier in die Kaap belewe het.

 

Elfrieda Auret en “modelle” het ons voorgestel aan pragtige uitrustings vir die somer. Klere van die ontwerpers Polkadot, Emy en Mariana is vertoon. Loer in by Emy vir vleiende klere vir die voller figuur. Polkadot verkoop klere vir nommers klein tot groot.

 

Bypassende juwele was ook saam met die uitrustings gedra, wat die uitrustings nog net mooier laat lyk het. By Mariana kan ook so tussen die aanpassery ‘n heerlike koppie koffie geniet word.

 

p1

Die modelle wat opgetree het tydens die modeparade.