Sirkel: Kimberley & Distrik
Tak: Douglas

Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Mandy de Klerk
Datum: 10 September 2013

 

Met die aanbreek van die lente in die Noord-Kaap, het VLV-Douglas ook sommer die nuwe seisoen met ‘n hoogtepunt afgeskop.

 

‘n Vol program vir die middag het die dames ingelig oor voetsorg  deur Petro Badenhorst.  Grimeertegnieke  is deur Nicola van Heerden aan die dames gewys,  en Juliana Bruwer het ‘n baie kreatiewe worsrolletjie gedemonstreer.

 

Aangesien dit September Leprose maand is het Marie Jacobs die dames ingelig oor die wêreldwye siekte. Daarna het die dames hul sjampanje glasies volgemaak, en die voorsitster, Marthie van der Westhuizen, het die dames gelukgewens met die tak  se trofee,  wat vir die derde agtereenvolgende jaar gewen is by die afgelope kongres, vir die meeste punte in die Leefstyl afdeling.

 

Nou lê daar ‘n groot uitdaging voor, goedversorgde voete vir die somer, beskerming vir die gesig in die warm son en besige hande om weer volgende jaar die trofee huis toe te bring.

 

d1

Die VLV-tak Douglas klink ‘n glasie sjampanje

 

d2

Juliana Bruwer toor met deeg en worsies