Sirkel: Noord-Karoo
Tak: De Aar
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Rina Coreejes
Datum: 10 September 2013

 

De Aar het in minder as ‘n jaar verander in die sonplaas hoofstad van ons land. Hier is al kilometers en kilometers sonpanele om die dorp. Dit was dus hoogtyd dat daar by die VLV aandag aan die saak gegee word. Gelukkig staan een van ons lede, Malinda Bürhman, se man Pieter, aan die hoof van een so ‘n projek. Hy kon dus dat een van hul personeellede, Rudi Rautenbach, 2de in bevel van hulle projek, ons meer kom vertel. Daar is verskeie maatskappye wat hier bedrywig is.
Die maatskappy Kentz, ‘n Ierse maatskappy, het ‘n maand vroeër as beplan die sonplaas klaar opgerig op die plaas Kalkbult.  Die plaas is 60km van De Aar af en 65km van Philipstown, Petrusville en Hopetown.  Die sonplaas sal sowat 75m/watt aan Eskom kan voorsien. 75m/watt kan aan 13 000 huishouding op ‘n slag krag voorsien. Die sonpanele (240watt elk) bestaan uit silika wat ligsensitief is maar nie geraak word deur hitte nie.
Rudi het baie statistieke aan ons voorgehou o.a. dat 319 “super link trokke” die panele van Port Elizabeth af aangery het en dat daar 106 168 gate geboor is om die strukture te plant waarop die panele geplaas is. 703 mense het aan die projek gewerk en hulle het altesaam 734 000 ure gewerk sonder enige verlore tyd.

 

Foto’s van die projek van begin tot einde is aan ons gewys. Die eerste foto was van Karoobossies en die laaste foto was ‘n lugfoto van die voltooide projek.

 

En nou is ons bietjie slimmer…..

 

da1

Die VLV het die lede se gades en werkers van Empowa-Grinaker ook genooi na die vergadering.

 

da2

Drieka Roos bedank Rudi Rautenbach.

 

da3
Sonplaas by Kalkbult voor begin is met konstruksie.

 

da4

Sonplaas by Kalkbult na voltooiing.