Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 6 September 2013

 

Met Kongres 2013 agter die rug, kyk Sirkel Tygerberg met groot dankbaarheid terug op 2 jaar se voorbereidings. Ons voel trots op ons aanbieding en die mooi bedankingsbrief van mev.Lubbe.

 

Die keurige uitstallings van al die kompetisie-artikels, van die truie en baadjies op hangers teen die muur tot die hoofbedekkings op die koppe en ballonne, was die breinkind van ons president, mev. Caro Ekermans.

 

t1

Sharon Terblanche se Bras & Beads-uitstalling in wording

 

t2
Julia Nagel het die manstoilette in damestoilette omskep met haar mooi blommerangskikkings

 

t3
Die inkopiesakke met die wensak onder in die middel

 

t4
Die kioskbemanning

 

t5
Tussen al die werkery het Julia binne 5 minute ‘n verjaardagtee vir Danela (links op die kissie) in die kombuis gereel