Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Orania
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Melanie Smith
Datum: 5 September 2013

 

Die VLV-dames van Orania het Donderdag 5 September 2013 ‘n saamwerksessie gehad om handgemaakte borsspelde te maak.

 

o1

Ons kuier gesellig terwyl ons iets nuuts leer.
Minnie van Zyl het aan die dames verduidelik hoe om ‘n pragtige borsspeld te maak.  Materiaal, kant, knope asook gehekelde blommetjies is gebruik.  Elke dame het haar eie inisiatief gebruik om met ‘n unieke borsspeld te kon spog!

 

o2

Hard aan die werk om ‘n unieke borsspeld te maak.
Die materiaal, kant ens. hoef nie in ‘n spesifieke volgorde te wees nie.  ‘n Speldjie wat spesiaal vir borsspelde gebruik word is agter op die borsspeld vasgeheg.   Die borsspelde kan ook op enige ander manier gebruik word soos op ‘n hoed, om ‘n lampskerm mee te versier, of ‘n mooi sak te versier ens.

 

o3

Unieke borsspelde