Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 5 September 2013
Die berge rondom Worcester is pragtig wit van die sneeu, maar die lede van Maria Stofberg-tak is getooi met hul mooi vrolike lentehoede. By die vergadering word hulde gebring aan mev Maria Stofberg wat 56 jaar gelede op 25 September, die tak gestig het.
Sella Swart, Martina Fouche, Magriet van der Merwe, Hettie Stander en Johanna van Wyk
Met behulp van pragtige foto’s, toer ons saam met Emsie Aggenbach deur Rwanda. Rwanda is ‘n klein land in die ooste van Sentraal-Afrika. Dit grens aan Uganda, Burundi, Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Hettie Stander, Emsie Aggenbach en Martina Fouche
Rwanda word bewoon deur drie afsonderlike groepe mense, naamlik die Hutu of Bahutu, die Tutsi of Batutsi en die Twa of Batwa. Die Twa verskil heeltemal van die ander twee ten opsigte van voorkoms, lewenstyl en sosiale en politieke oortuiging. Hulle woon in die woude van Rwanda, terwyl die ander twee groepe met mekaar meeding om lewensruimte en weiding vir hul beeste in Rwanda.
Sy vertel ook interessant van die Berggorillas wat in Rwanda aangetref word. Hulle lewe in familiegroepe (gemiddeld 6 tot 16). Elke groep word oorheers deur ‘n mannetjie.
Martina Fouche en Tamaryn Andries
Tamaryn Andries, fisioterapeut by die Beit Bracha Rehabilitasiesentrum, Worcester, lig ons in oor akwaterapie. Die terapie word in ‘n verhitte onderdak swembad gedoen. Veral pasiënte wat beroerte gehad het en pasiënte met Parkinsonsonisme, vind baat by die oefeninge. Dit kan individuele of groepsterapie wees.
Tokkie Baird en Magda Viljoen
Leave A Comment