Sirkel: Worcester

Tak: Bonnievale
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Gesina de Wet
Datum: 04/09/2013

 

Lentedag is al gevier, maar hier in die Boland lê die sneeu nog wit op die berge en snags en party dae is dit nog snerpend koud. Dit is seker die rede hoekom 39 vrouens opgedaag het vir die kreatiewe breikursus wat die VLV aangebied het.

 

B1

Suzaan du Toit van Caledon het ons asems weggeslaan met haar kreatiewe gebreide skeppings, van kussings tot brilhouertjies.

 

Suzaan het die kreatiewe proses aan die gang gesit deur opdrag te gee dat elkeen 8 steke opsit met ‘n basiese kleur, en dan ‘n blokkie brei. Daarna het die pret gevolg. Heg 7 steke af, tel dwars weer steke op, met ‘n ander kleur en tekstuur – waarvan sy in oorvloed saamgebring het – heg af, draai, tel steke op, draai, brei bobbles, verander van kleur, tekstuur, hekel verder, lang been, kort been, ens., ens. Op Bonnievale het lanklaas so baie kreatiewe energie gevloei. Na so vier uur is almal traag huis toe, want dit was sooooo LEKKER!

 

B2

Suzaan gesels oor die kreatiewe breiwerk

 

B3

Suzaan wys ook hoe om die sakke, voor op die stoele, met nylontou en materiaal te maak

 

B4
Suzaan gee vir Aneen van Zyl ‘n wenk terwyl die ander dames hard konsentreer om kreatief te wees