Sirkel: NO Kaap
Tak: Jamestown
Studierigting: Leefstyl en Kunste & Handvlyt
Aanbieder: Philna van Pletzen, Veronica van Vuuren en Marlene Lategan
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 4 September  2013

 
Veronica van Vuuren het gedemonstreer hoe om lintrosies van verskillende groottes te maak met behulp van ‘n split-pin wat op ‘n ronde metaalplaatjie vasgesweis is.

 

j1

Veronica van Vuuren beduie hoe om lintrosies te maak. Voor sit Marlene Lategan en Hilda v/d Walt. Agter staan Drinie van Pletzen, Lucia Lieberum en Veronica van Vuuren

 

Philna van Pletzen het gewys hoe om Japannese kwiltwerk te doen, waar ‘n plat blokkie materiaal in ‘n ronde stukkie materiaal toegevou word – met watteersel tussenin. Dit kan dan o.a. by die punte aanmekaar vasgewerk word om, met ‘n kontraskleur voering, ‘n interessante onderbaadjie te vorm.

 

j2

Philna van Pletzen (staande) beduie hoe om ‘n Japannese kwilt te maak

 

j3

‘n Japannese kwiltblokkie in wording

 

Laastens het Marlene Lategan gewys wat alles met modelleerklei gedoen kan word – soos krale, hartjies om óm ‘n bottel se nek vas te maak, en  figuurtjies om aan ‘n lint te ryg en op te hang. Die klei word sag gebrei en dan tussen 2 transparante uitgerol om makliker te werk. Dit kan dan met enige koekiedrukker uitgedruk word. Oorskiet moet lugdig toegemaak bly om uitdroging te voorkom. Elkeen kon heerlik speel en ‘n hele paar pogings saamneem huis toe!

 

j4

Gerrie Upton en Veronica van Vuuren luister aandagtig hoe Marlene Lategan (middel) verduidelik waar die kleivoorwerpe oral gebruik kan word