Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Upington
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Magda le Roux
Datum: 3 September 2013

 

Na aanleiding van ‘n berig in die Kalahari Bulletin koerantjie ” Netheid is almal se plig” , het die sameroeper van Opvoeding en Kultuur, mev Helene Kriel, die Laerskool Oranje-Noord gekontak. 25 Leerders van die skool, woonagtig in die Diedericks Woonstelle, is genooi om rommel op te tel in die 2 parke regoor hul woonarea, asook by die Kalahari Mall.

 

Op 3 September  was die skool se leerders en nog ander kinders uit die woonbuurt baie opgewonde gereed om rommel op te tel. Hulle was vergesel van mev. Kriel, spanlid Johanna Conradie en 2 personeellede van die skool. Die VLV-span het vir elke leerder ‘n versierde stokkielekker met ‘n mooi bedanking daarby gegee. Van die ywerige kinders het gedink hul gaan sop en brood kry.