Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting:  Leefstyl

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 4 September 2013

 

Ons eerste vergadering van Lente het afgeskop met ‘n praatjie van Carol-Anne Smit (skoonheidsterapeut en eienaar van ‘The Nail and Beauty Company’). Sy het vir ons ‘n oorsig gegee oor Aromaterapie.  Klem is veral gelê op die reuksintuig en voordele van veral peppermint, lavender, roosmaryn, malva en aalwyn.

 

Elke dame het ‘n geskenkpakkie ontvang wat ‘n badsoutbal ingesluit het.

 

Sy het die voordele van badsout breedvoerig verduidelik naamlik:

1) Geurige reuke vir bad;

2) Hou verskeie gesondheidsvoordele in;

3) Verbeter bloedserkulasie;

4) Voordelig vir Artritus, rugpyn, seer spiere en sportbeserings;

5) Sout help die vel skoonmaak;

6) Bevat ook engelse sout;

7) Versag die effek op die vel;

8) Verminder swelling en inflamasie;

9) Verlig spanning;

10) Detox die liggaam.

 

Ons dames sal na dese met ander oë na badsout kyk en dit geniet vir al die heilsaamheid.

 

Sy het die dames uitgenooi om haar besigheid te kom besoek, nie net vir al die vele uitsonderlike produkte en geskenke wat sy aanhou nie, maar ook vir haal naelkuns.

 

l1

Dienie Rust, Louna Niehaus, Marita Kotze, Joey Viljoen, Linda Rossouw en Nita Swart

 

l2

Carol-Anne Smit (spreker) en Dienie Rust (waarnemende Voorsitter)

 

l3

Nuwe bestuur is verkies:

Janeén Potgieter (Visevoorsitter)

Susan Hickman (Sameroeper Openbare Sake)

Joey Viljoen (Sameroeper Leefstyl 2)

Dienie Rust (Voorsitter)

Afwesig: Elize Kleynhans (Sameroeper Landbou en Tuinbou)