Sirkel: Weskus
Tak: Piketberg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Riana Richter
Datum: 3 September 2013

 
Op Dinsdag, 3 September 2013, het ‘n groep ywerige lede van VLV-Piketberg, in samewerking met lede van die Vrouediens van Redelinghuys NG gemeente, ‘n lentetee met heerlike eetgoed asook ‘n vrolike program aan die inwoners en personeel van die plaaslike tehuis vir bejaardes,  Huis AJ Liebenberg,  aangebied.

 
Die inwoners in die siekeboeg, asook die wat ongesteld was en nie vir die geleentheid opgedaag het nie, is in hul kamers bederf.

 

p1

By die Lentetee by die Tehuis vir Bejaardes verskyn agter v.l.n.r. Annatjie Smit van Redelinghuys, Winnie Grobbelaar (inwoner en VLV-erelid),  Betta van Niekerk (inwoner) en voor, Dollie du Plessis  (inwoner) en Christine Langeveldt (inwoner en VLV-erelid)

 
p2

Piketberg VLV-lede en lede van Redelinghuys Vrouediens by Nicoline Brown,  Voorsitter van VLV Piketberg voor in die middel