
Skriflesing en gebed: Dr. Braam Hanekom, Voorsitter van die Moderatuur van die NG Kerk Sinode Wes-Kaap en Suid-Kaapland.

OPENINGSREDE: Ons land, ons mense en die wêreld in 2013! Mnr. Tim du Plessis, Hoofredakteur Afrikaanse Titels, Media24.

VLVK-dankiepersoon 2013: Dr. Susan Vosloo. Huldiging gedoen deur mev. Lynette Martin, Sirkelpresident Middelland.
![Ububele Holdings is ook die borg van Kontreikos Plus, en Bertie Cloete is die seun van mev. Elizabeth Cloete van die Beoordelaarspaneel. Kontreikos is hersien en nuwe resepte is bygevoeg. 3 000 boeke is gedruk. Mnr. Cloete het 1 000 geneem om as geskenke vir sy kliënte [boere] te gee en 2 000 boeke is gratis vir VLVK gegee om self te verkoop. Die Beoorde-laarspaneel kry 1/3 van die opbrengs en VLVK ⅔ van die opbrengs. 'n Kopie van die boek is aan Erika Lubbe oorhandig.](http://vlv.co.za/wp-content/uploads/2014/07/image.axd-175.jpeg)
Ububele Holdings is ook die borg van Kontreikos Plus, en Bertie Cloete is die seun van mev. Elizabeth Cloete van die Beoordelaarspaneel. Kontreikos is hersien en nuwe resepte is bygevoeg. 3 000 boeke is gedruk. Mnr. Cloete het 1 000 geneem om as geskenke vir sy kliënte [boere] te gee en 2 000 boeke is gratis vir VLVK gegee om self te verkoop. Die Beoorde-laarspaneel kry 1/3 van die opbrengs en VLVK ⅔ van die opbrengs. ‘n Kopie van die boek is aan Erika Lubbe oorhandig.

Prof. Dorothea van Zyl, Direkteur van die Stellenbosse Woordfees en dosent in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch: ‘Woorde Open Wêrelde’ as sinoniem vir ‘Verskuif jou grense’.

VLVK-boerderyvennoot van die Jaar 2013. Daar was 15 inskrywings op VLVK-vlak en die beoordelaars, mevv. Mariana Rabie, Charlene Nieuwoudt en Susan Griessel, moes behoorlik kopkrap. Die oorwinningserp is deur mnr. Hugo Lochner, alias Manie, van Landbouweekblad vir die wenner, mev. Alanda van Zyl, VLV Britstown, Sirkel Noord-Karoo omgehang. Die pragtige oorwinning-serp is deur meester kwilter, mev. Kinnie Schutte, van Gansbaai gemaak. Die naaswenner, mev. Marieka Bekker van VLV Dor-drecht, Sirkel NOK en die derde plek wenner, mev. Adri Conradie van VLV Murraysburg, Sirkel Noord-Karoo. Baie geluk aan die wenners!

Sylvia Walker: Market Development Manager Old Mutual South Africa: Invest in the best, invest in yourself.

Karel Leerink, Fashion Stylist from Truworths: Wise investing in your wardrobe. Sponsor: Old Mutual South Africa.
Leave A Comment