Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 18 Julie 2013

 

Acqua tak, in samewerking met Aurecon Engineering, het vanoggend 67 minute afgestaan om goedheid, guns en vreugde te bring aan die 12 oues by Buffelsfontein Aftreeoord (in Port Elizabeth), wat reeds sedert Kersfees 2007 onder die tak se kollektiewe vlerk staan.

 

Die personeel van Aurecon Engineering het die oues bederf met pantoffels, toiletware en lekkernye. ‘n Koppie tee en ‘n eetdingetjie het die samekoms sommer baie vrolik gemaak.

 

67 min