Sirkel: Middelland
Tak: Acqua
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Saamroeper: Hannelie Low
Beriggewer: Natania Schmidt
Datum: 10 Julie 2013

 

Jakkie Louw sing so lekker van die 3 pikkewyne en die middelste ene wat syne is. Hy sal moet vashou, want teen 2017 sal die Afrika-pikkewyn nog net in lirieke hul verskyning maak. Die bedreigde Afrika-pikkewyn is op die randjie van uitsterf.

 

Acqua lede was bevoorreg om Libby Sharwood van SAMREC (South African Marine Rehabilitation and Education Centre) as gas te hê tydens die Landbou & Tuinbou portefeuljevergadering. St. Croix-eiland, op Baaienaars se voorstoep in Algoabaai, is die grootste broeikolonie van pikkewyne in die wêreld.  Die groot broeikolonie het in 2000 sowat 50 000 broeipare gehuisves en die pikkewyn was nog 30 jaar gegee om te oorleef. In 2013 is daar maar ‘n skrale 6000 broeipare oor. Die klein harlekyn, wat ewe onbeholpe oor rotse en getypoele struikel, sal oor ‘n skrale 4 jaar niks meer as ‘n herinnering wees nie.

 

Libby

Libby Sharwood.

 

Daar is so baie wat ‘n mens nie weet nie, nie van bewus is nie, maar dis nou juis waar jou VLV-lidmaatskap jou in staat stel om jou kennis en jou horisonne te verbreed. Na dese vergadering sal oorbevissing, besoedeling, uitputting van mariene hulpbronne en die oorlewing van die Afrika-pikkewyn met groter erns bejeën word.

 

harlekyn 2

Sameroeper, Hannelie Low, het groot sorg geneem met die vergadering. Die pikkewyn-middelplasings was haar eie handewerk en lede was bederf met ‘n spoorsalie as funksie gunsie. Lede was opgekommandeer om swart en wit te dra, maar dit het meer na ‘n kerkraadsvergadering as ‘n pikkewynkolonie gelyk!

 

Brilpikkewyn.pdf (764.92 kb)