Maak GOU!!! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die VLVK-boerderyvennoot is aangeskuif na 19 Julie 2013. Geen laat inskrywings sal toegelaat word nie.
Inskrywings moet gestuur word aan:
VLVK-Boerderyvennoot van die Jaar
Posbus 273
STELLENBOSCH, 7599
Indien die inskrywing per hand afgelewer word, moet dit asseblief voor 13h00 (kantoorure by Jubileumhuis) geskied.
Die prysuitdelingsfunksie met fantastiese pryse sal plaasvind op 20 Aug. 2013, Kultuuraand van Kongres 2013, Stellenberg Kerkkompleks. Dit sal ‘n galageleentheid wees met Hugo Lochner [MANIE] van Landbouweekblad wat die oorwinningserp vir die wenner gaan omhang. Die oorwinningserp is gemaak deur meesterkwilter, Kinnie Schutte van Gansbaai.
BORGSKAPPE VIR VLVK 2013 BOERDERYVENNOOTKOMPETISIE
COLLAGEN PRO-FIRMING SKIN CARE SELECTION vir die wenner en 1 DIVINE BATH AND BODY KIT vir die tweede prys en derde prys elk
WALKER BAY SPICE WORKS: 3 geskenkpakke Walker Bay speserye
DINE VAN ZYL: 3 groot Boerekos-resepteboeke
CHRISTELIKE LEKTUURFONDS: 3 geskenkpakke met toepaslike boeke
HEMPIES DU TOIT: 3 getekende Annandale-landgoedwyn geskenkpakke
- Cattle Baron borg ‘n ete vir elke finalis & ‘n metgesel tydens Woensdagaand se kuieraand.
- Tygerberg Waterfront Cattle Baron: Besprekings by 021 914 1658
- Plattekloof Cattle Baron: Besprekings by 021 911 0110
- Durbanville Cattle Baron: Besprekings by 0219141183
- Serengeti Selfsorg Eenhede
Die finaliste se akkommodasie word deels deur Serengeti en deels deur dr. Johan van Deventer van Freshmark geborg.
- Dr. Johan van Deventer borg ook vrugteruikers in die 3 finaliste se wooneenhede.
Die kunstenaar, Hermien van der Merwe, skenk een van haar kunswerke aan die wenner.
VROUE-LANDBOUVERENIGING VAN KAAPLAND
3 VLV-Kaapland Roosplante
3 VLVKOOK- voorskote
Leave A Comment