Sirkel Namakwaland het op 15 en 16 Maart Konferensie in die netjiese skousaal op Loeriesfontein gehou. Die gasvroutak, Loeriesfontein, het heerlike koel weer bestel wat net-net betyds opgedaag het!

Die tafels was op eg Boesmanlandse flair versier.

Die aandfunksie is aangebied in die NG Kerk se kerksaal. Van links na regs: Joretha de Waal, voorsitter VLV Lutzville en nuut verkose sirkelsaamroeper vir Opvoeding en Kultuur; Susan Carstens, waarnemer VLV Lutzville.

 Die aandfunksie van Sirkel Namakwaland se Konferensie is gehou in die Kerksaal van die NG Kerk, Loeriesfontein. Tydens die aandfunksie, van links na regs: Elmarie Spangenberg, afgevaardigde van VLV Nieuwoudtville; Hester Genis, waarnemer en lid van VLV Lutzville.

Twee afgevaardigdes tydens die dinee, van links: Martha van Zyl, visevoorsitter VLV Lutzville; Leana van Wyk, visevoorsitter VLV Nieuwoudtville.

Alida Vlok, sirkelsaamroeper van Leefstyl, het terselfdertyd haar verjaarsdagpartytjie gehou en haar man, Kallie Vlok, het dus as borg vir die aandfunksie opgetree. Voor:  Gerda Theron, sirkelsaamroeper van Openbare Sake; Karien van Schalkwyk, sirkelpresident van Sirkel Namakwaland. Agter:  Sanet Ras, sirkelsaamroeper van Opvoeding en Kultuur; Alida Vlok, sirkelsaamroeper van Leefstyl; Erika Lubbe, VLVK-president; Kobie Basson, sirkelsekretaris/-tesourier.

Die gasvroutak, Loeriesfontein, vir Sirkel Namakwaland se Konferensie huisves ‘n windpompmuseum en oral was windpompies om konferensiegangers daaraan te herinner.

Voor: Gloudine Schade, sekretaris, VLV Loeriesfontein; Ohna Műller, voorsitter, Loeriesfontein. Agter: Erika Lubbe, VLVK-president; Ina Bosman, visepresident Sirkel Namakwaland; Karien van Schalkwyk, sirkelpresident Sirkel Namakwaland.

VLV Hantam se jong afgevaardigdes tydens die Konferensie van Sirkel Namakwaland. Voor: Kirsten Fourie, sekretaris VLV Hantam; Janine Brynard, voorsitter VLV Hantam; Emjee Louw, tesourier VLV Hantam. Agter: Karien van Schalkwyk, sirkelpresident Sirkel Namakwaland.