Sirkel Namakwaland het op 15 en 16 Maart Konferensie in die netjiese skousaal op Loeriesfontein gehou. Die gasvroutak, Loeriesfontein, het heerlike koel weer bestel wat net-net betyds opgedaag het!

 

Loerie 1

Loerie 2
Die tafels was met eg Boesmanlandse flair versier.

 

Loerie 3

Die aandfunksie is aangebied in die NG Kerk se kerksaal. Van links na regs: Joretha de Waal, Voorsitter VLV-Lutzville en nuutverkose Sirkelsaamroeper vir Opvoeding en Kultuur; Susan Carstens, waarnemer VLV-Lutzville.

 

Loerie 4
Die aandfunksie van Sirkel Namakwaland se Konferensie is gehou in die Kerksaal van die NG Kerk, Loeriesfontein. Tydens die aandfunksie, van links na regs: Elmarie Spangenberg, afgevaardigde van VLV-Nieuwoudtville; Hester Genis, waarnemer en lid van VLV -Lutzville.

 

Loerie 5
Twee afgevaardigdes tydens die dinee, van links: Martha van Zyl, Visevoorsitter VLV-Lutzville; Leana van Wyk, Visevoorsitter VLV-Nieuwoudtville.

 

Loerie 6
Alida Vlok, Sirkelsaamroeper van Leefstyl, het terselfdertyd haar verjaarsdagpartytjie gehou en haar man, Kallie Vlok, het dus as borg vir die aandfunksie opgetree. Voor:  Gerda Theron, Sirkelsaamroeper van Openbare Sake; Karien van Schalkwyk, Sirkelpresident van Sirkel Namakwaland. Agter:  Sanet Ras, Sirkelsaamroeper van Opvoeding en Kultuur; Alida Vlok, Sirkelsaamroeper van Leefstyl; Erika Lubbe, VLVK-president; Kobie Basson, Sirkelsekretaris/-tesourier.
Die gasvroutak, Loeriesfontein, vir Sirkel Namakwaland se Konferensie huisves ‘n windpompmuseum en oral was windpompies om konferensiegangers daaraan te herinner.

 

Loerie 7

 

Loerie 8

Voor: Gloudine Schade, Sekretaris, VLV-Loeriesfontein; Ohna Műller, Voorsitter, Loeriesfontein. Agter: Erika Lubbe, VLVK-president; Ina Bosman, Visepresident Sirkel Namakwaland; Karien van Schalkwyk, Sirkelpresident Sirkel Namakwaland.

 

Loerie 9

VLV-Hantam se jong afgevaardigdes tydens die Konferensie van Sirkel Namakwaland. Voor: Kirsten Fourie, Sekretaris VLV-Hantam; Janine Brynard, Voorsitter VLV-Hantam; Emjee Louw, Tesourier VLV-Hantam. Agter: Karien van Schalkwyk, Sirkelpresident Sirkel Namakwaland.