Sirkel Kalahari is vanjaar 80-jaar oud en dit is op 11 Maart op ‘n feestelike wyse gevier met ‘n eenmanvertoning, ‘Annale van ‘n windgat’, deur Neels Clasen gevolg deur ‘n dinee in die saal van die Laerskool Stellaland, Vryburg. Die geleentheid is goed ondersteun deur die plaaslike publiek. As sprekers het Susan Coetzer en Sheri Brynard opgetree.

 

Kala 1

Van links na regs:  Carien van den Berg, nuwe Sirkelpresident van Sirkel Kalahari; Martie Eloff, die vorige Sirkelpresident; Annelize Marx, nuwe Visesirkelpresident.

 

Kala 2

Eloise Clasen; Neels Clasen; Erika Lubbe, VLVK-president; Carien van den Berg, nuwe Sirkelpresident; Annelize Marx, nuwe Visesirkelpresident Sirkel Kalahari.

 

Kala 3

Voor: Erika Linde en Esta Twigge geniet ‘n koppie tee. Agter: Tilly Terblanche en Bessie Kriek.

 

Kala 4

Afgevaardigdes luister aandagtig na die wenke wat blombeoordelaar en oud-Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes, Melana Moller, gee.

 

Kala 5

Afgevaardigdes maak gereed en sjampanje word geskik vir die heildronk op die 80ste herdenking van Sirkel Kalahari.

 
Opvallend was die volop jong, vriendelike, flukse en hulpvaardige lede van Sirkel Kalahari wat deelgeneem het aan die kompetisies en ook in beheer was van die verfraaiing van die saal en die eettafels. Daar waai beslis ‘n vars jong briesie deur Sirkel Kalahari!

 

Kala 6

Hier is ‘n paar jong gesiggies van VLV-Vryburg, van links: Lorraine Bruwer; Rolien van Zyl; Carien-Mari Brink, Leefstylsaamroeper; Retha Bouwer.