klrstrm 1

 

Sirkel Suid-Karoo het heerlik Konferensie gehou op Marie en Frans Gerber se plaas, Bloemendal, geleë aan die voet van die Swartberge tussen Klaarstroom en Prins Albert. Dit was ‘n Plaaskonferensie wat vir geen Stadskonferensie terug hoef te staan nie. Die afgevaardigdes het in gastehuise op die buurplase tuisgegaan. Dit is ‘n Konferensie wat nie maklik vergeet sal word nie!

 

Die gasvroutak van Sirkel Suid-Karoo se Konferensie was VLV-Klaarstroom met net 5 lede. Hierdie 5 lede met voorsitter, Marie Gerber, het alles self gedoen en het ‘n uitstekende Konferensie aangebied.

 

Die kombuis/eetkamer was groot genoeg om al die konferensiegangers en gaste tydens etes te kon huisves. Hier kuier ‘n paar konferensiegangers om die eettafel.

 

klrstrm 2

LNR voor: Lenie Muller, tesourier, VLV-Klaarstroom; Caroline Verwey, afgevaardigde, VLV-Klaarstroom; Corrie Dawson, sekretaris, VLV-Klaarstroom. Agter: Ria Jacobs, afgevaardigde, VLV-Carnarvon; Anna Oosthuizen, visevoorsitter, VLV-Merweville.

 

klrstrm 3

Konferensiegangers Sirkel Suid-Karoo, LNR voor: Cecilia Louw, voorsitter VLV Williston; Tricia Theron, afgevaardigde VLV Williston. Agter: Annelida Jacobs, afgevaardigde VLV Williston; Nicola Myburgh, afgevaardigde Sutherland.

 

klrstrm 4

Jemima Bernard, sirkelsaamroeper van Opvoeding en Kultuur en Voorsitter VLV-Carnarvon, boei konferensiegangers met haar interessante vertelling van haar besoek aan Duitsland, Praag en Budapest. Vir ‘n wyle het konferensiegangers saam met haar deur die strate geloop, kulture bewonder en selfs die Schonbrunn-paleis besoek. Sy wys van haar pragtige aankope: o.a. ‘n tipies geborduurde tafeldoek –  eie aan Budapest en pragtige porselein bakkies – eie aan Dresden, Duitsland.

 

klrstrm 5

Konferensiegangers LNR Marieta Oosthuizen, afgevaardigde, VLV-Beaufort-Wes; Bettie Smit, voorsitter van Beaufort-Wes tak; Antoinette de Klerk, afgevaardigde, Beaufort-Wes. Agter: Erika Lubbe, VLVK-president.