Portefeulje: Gesondheid

 

Ons Gesondheid vergadering was baie interessant. Op die foto speel die “Naughty Ladies”, LNR Helena Bresler, Lina Malan & Erna de Waal, ‘n trio wat ons baie geniet het.

Dr. Leana Olivier het oor “Fetale Alkohol Sindroom” gesels en haar baie insiggewende toespraak met ‘n skyfie- en videovertoning toegelig.

 

Kobie van Eeden die saamroeper van Gesondheid het besluit om bietjie te rus en sal volgende jaar nie beskikbaar wees vir die bestuur nie. Sy het baie goeie vergaderings gereël. Baie dankie Kobie!

 

Op die foto staan Dr Leana Olivier, Helena Bresler, Lina Malan, Erna de Waal, Maretha Badenhorst (Voorsitter) & Kobie van Eeden (saamroeper vir Gesondheid).