Sirkel: Kaapstad
Tak: Strand
Datum: 27 Maart 2010
Op die foto Annette Stander en Maretha Badenhorst, Voorsitter van VLV Strand. Annette het die Saskokompetisie in Sirkel Kaapstad verower.
Tydens die Sirkelkonferensie van Sirkel Kaapstad het VLV-Strand se dames uitstekend gedoen in die verskillende kompetisies. Meeste punte algeheel, meeste punte naaldwerk, meeste punte in kookkuns en meeste punte in kunste- en handvlytafdeling. Die dames wat bekers verower het is voor van links na regs: Annelize Sieberhagen, Annette Stander, Patricia Loxton & Adelè Burger. Agetr vlnr.: Amelia Louw, Hannatjie du Plessis, Marie Bester, Leta du Preez en Clauda Colyn.
Maretha Badenhorst, Voorsitter van VLV-Strand, oorhandig ‘n tjek van R5000.00 aan Lea ter Haar, Voorsitter van ACVV-Strand.
Patricia Loxton met al die bekers wat sy verower het tydens Sirkelkonferensie Kaapstad. Sy is een van VLV-Strand se flukse en begaafde lede. Sy het ook die einde van velede jaar met die tak se jaarlikse kompetisies, die beker vir die meeste punte verower.
Leave A Comment