Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 10 Februarie 2010

 

Acqua se eerste byeenkoms van die jaar is altyd ‘n gulde geleentheid om die VLV, studierigtings en werksaamhede onder oë te neem. Of jy nou ‘n nuwe, voornemende of jarre-lange lid is, dit is altyd goed om ingelig te wees of selfs net herinner te word aan hoe sake in die VLV in mekaar steek.

 

Gisteraand, die Maand-van-die-Liefde se 2de Dinsdagaand, het meer as 70 vriendinne en hul gaste die King Edward Hotel in PE betrek om ingelig te word, te kuier en ‘n weersiens van epidermiese proporsies uit te pak! Dit was die eerste van elf maandelikse kuiertjies wat ononderhandelbaar heel bo aan elke Acqua-lid se lys van bederf-dinge vir haarself bly. Wederhelftes, nasate en troeteldiere kan mos net baat vind by ‘n ingeligte, vervulde en ontspanne Eva in hul lewens.

 

Acqua vriendinne weet ook al om al die estrogeen-draers in hulle wêreld, wat nog nie VLV-lede is nie, te vertel van watter uitmuntende geleentheid die VLV jou bied om jou verwysingsraamwerk te verbreed en persoonlik te groei. Party moet nou wel meer as een keer gevra word, so ‘n mens moet maar aanhou nooi as jy met die eerste nooislag nie sukses gehad het nie. Die uitnodiging moet ook met groot entoesiasme gerig word, want wie wil nou saam na ‘n plek wat effentjies klink? Gelukkig is Acqua alles behalwe effentjies!

 

In elk geval, g’n vrou wat haar sout werd is, is té besig of té traag om ‘n kans op stimulerende samesyn te laat verbygaan nie. Van die 12 gaste wat hulle eerste kennismaking met VLV en Acqua se dinamiese vriendekring beleef het, het 8 terstond hulle ledevorms ingevul en is die tak nou net 9 lede kort van ‘n magiese honderdtal. ‘n Uitstekende begin vir die nuwe jaar.

 

NS

Dekor vir die geleentheid was swart en wit, met krale-sokkerballe (dis mos darem 2010!) as middelplasings. Elke gas het ‘n veer-hartjie by haar sitplekplasing gekry, om te onthou dat sy geliefd is in Acqua-geledere.

 

 

uitstekende begin 2

Vrolike samesyn! (So klomp Kwa-Kwa’s kan GESELS jong)