Die VLV tak van Douglas en die Drie Riviere Blommeklub het ‘n Kersboom Expo vir die gemeenskap georganiseer. Besighede, instansies, organisasies, skole, kerke en individue kon deelneem. Met groot opgewondenheid het daar  55 kersbome “verrys” in ‘n spierwit gedrapeerde kerksaal. Daar was ook inskrywings vir kerskouse, adventkranse en kerskaartjies.  Daar was geen perke aan kreatiwiteit nie en vir twee dae is die bome deur die gemeenskap besigtig.  Sagte kersmusiek het ‘n gewydheid en selfs ‘n sprokies atmosfeer geskep.  Die bome is in verskillende afdelings en kategorieë ingeskryf en beoordeel deur mevv. Erika Lubbe, Marie Wilmans en Melana Moller. ‘n Teetuin het verseker dat daar lang kuiers tussen die pragtige bome gekuier is. Kinders het verwonderd gestaar na al die liggies. Selfs die senior burgers, wat met bussies aangery is, was betower deur die bome.  Inskrywingsgeld, asook toegangsgelde gaan aangewend word om aan behoeftige gesinne etes te voorsien, tydens die Kersgety.