Al die tafels was feestelik gedek, met die pragtigste kersversierings.  Elke lid moes ‘n geskenkie van R5 saambring. Wat ‘n uitdaging!  Die geskenkies is uitgeruil, en almal was baie opgewonde oor hulle geskenkie.  Die afsluiting is bygewoon deur 56 lede, voorwaar ‘n prestasie!  Na afloop van die prysuitdeling het ons lekker saam gekuier en tee gedrink.  Die bestuur was verantwoordelik vir die verversings.

6 Van die nuwe lede wat oor die laaste 2 maande aangesluit het

Wenners van die snyblom afdeling: Trudie de Goede – 3de, Christine Seale – 2de, en Elma Oberholzer – 1ste  (van links na regs)

Wenners van Blommerangskikking:  Dienie Rust 3de, Hetta Mans 2de, Estelle du Plessis 1ste

Wenners van Handvlyt:  Grieta Truter 3de, Hennah Greeff 2de, Estelle du Plessis 1ste

Wenners van Leefstyl (Gebak): Hilary Nepgen 3de, Hetta Mans 1ste, Estelle du Plessis 2de

100% teenwoordig – 14 lede was 100% teenwoordig (2 afwesig op foto)

Twee van die oudste lede was 100% teenwoordig: Cora du Toit en Maud Prinsloo (85jr)

Die ywerigste nuwe lid – Dienie Rust, saam met Estelle du Plessis (voorsitter)

Die meeste punte – Estelle du Plessis, saam met Suzette Hougaard (vise voorsitter)