SPEECH BY HELEN ZILLE, PREMIER OF THE WESTERN CAPE
FOR THE CWAA CONGRESS 2009
18 AUGUST 2009, 12h40 – MALMESBURY TOWN HALL
Lede van die Kaapse Vroue Landbou Vereniging. Baie dankie dat u my genooi het om u jaarlikse kongres toe te spreek. Dit is die tweede keer dat ek hierdie geleentheid gegun word en dit is vir my ‘n eer.
Toe ek in 2007 bygewoon het, was u tema vir daardie jaar: “Bewonder,
Bewaar en Bespaar ”.
Ek is gevra om vandag ‘n praatjie oor die tema “Reik na die
Sterre” te lewer.
Hoe kan elkeen van ons, verskillende individue met diverse belange en
begeertes, op ons eie manier na die sterre reik? How can you be the best
you can be?
Dit is ‘n breë onderwerp, daarom gaan ek dit meer spesifiek deurtrek
na my mening oor eienskappe of waardes wat ek glo ons kan help om die
beste te word wat ons kan wees.
Heelwat van hierdie eienskappe word opgesom in ‘n gebed wat reeds in
1577 geskryf is deur die Engelse ontdekkersreisiger en digter, die Heer
Francis Drake. Dis ‘n gebed wat ek aan my kinders op belangrike
verjaarsdae voorgelees het:
Disturb us, Lord, when
We are too pleased with ourselves,
When our dreams have come true
Because we dreamed too little,
When we arrived safely
Because we sailed too close to the shore.
Disturb us, Lord, when
with the abundance of things we possess
We have lost our thirst
For the waters of life;
Having fallen in love with life,
We have ceased to dream of eternity
And in our efforts to build a new earth,
We have allowed our vision
Of the new Heaven to dim.
Disturb us, Lord, to dare more boldly,
To venture on wilder seas
Where storms will show Your mastery;
Where losing sight of land,
We shall find the stars.
We ask you to push back
The horizons of our hopes;
And to push into the future
In strength, courage, hope, and love.
Die Heer Francis Drake het hierdie gebed geskryf toe hy per skip vanaf
Engeland na Suid-Amerika vertrek het.
Although such voyages were incredibly dangerous back then, he ventured
from South America as far north as the non-Spanish parts of what is
today known as California.
When he returned to his Queen with Spanish gold worth over half a
million pounds sterling, he received his Knighthood.
Today the door is open for women to venture greatly, to do the same
through their hard work and many sacrifices. No great venture is without
great risk.
I do not pretend to speak for all women. I will just share with you my
personal perspective on how to reach for the stars.
Ek gaan dus uit die hart praat, eers filosofies en dan uiters prakties,
toegelig met voorbeelde vanuit die lewens van mense wat my pad gekruis
het en my geïnspireer het. Ek hoop dit is moontlik sonder om u te
verveel.
Ek persoonlik het al verskeie loopbane in my lewe gevolg, en my pad in
elkeen van hulle oopgewerk, van iewers heel onder tot amper bo. Dit was
interessant om te gaan nadink oor watter faktore my hierin gehelp het,
en watter hindernisse ek moes oorkom. Wees verseker, ek het al meer as
genoeg mislukkings gehad en daaruit het ek veel meer geleer as uit my
suksesse.
Ek kan eerlik sê dat ek nie inherent ‘n ambisieuse persoon is nie.
Ek het nog nooit vir myself gesê: daardie posisie of doelwit is myne en
dit dan meëdoenloos nagejaag nie.
Ek glo eerder dat die groot sielkundige en filosoof, Victor Frankel,
reg gehad het toe hy die lewe beskryf het as ‘n konstante soektog na
betekenis en sin.
Gedurende die afgelope paar dekades is fassinerende navorsing oor die
menslike genoom gedoen. In onlangse artikels in die media word genetici
aangehaal waar hulle daarop aanspraak maak dat die soektog vir betekenis
in werklikheid in ons gene ingeprogrammeer is. Hierdie programmering is
die grondslag vir die menslike soektog deur die eeue heen vir
godsdienstige geloof en spiritualiteit wat betekenis en sin aan die lewe
op aarde gee.
Hierdie teorie vind baie naklank by my, en as dit eendag bevestig word,
sal die wetenskap en godsdiens uiteindelik geïntegreer wees en ons
begrip van die einddoel van die lewe versterk word. As jy voel jou werk
is volgens jou aardse doel gerig, ontwikkel dit ‘n momentum wat jou
deur enige hindernis en oor enige struikelblok kan dryf.
‘n Diep doelgerigtheid is die eerste vereiste vir enige persoon wat
hom- of haarself op enige terrein laat geld. En wanneer ek terugkyk op
die lewensterreine waar ek gevorder het, dink ek doelgerigtheid was die
dryfkrag. Nie vir posisies, mag of status nie, maar om te doen wat
nodig was vir ‘n doel waarin ek geglo het, en nog steeds glo: dat
Suid-Afrika nog sal ontwikkel in ‘n volhoubare, regverdige demokrasie.
Iemand wat hierdie doel met my deel is een van Suid-Afrika se voorste
wetenskaplikes wat tans aan die integrasie van die wetenskap en
godsdiens werk. Hy het wêreldwye erkenning vir sy pionierswerk ontvang
en het ‘n groot invloed op my gehad. Hy het ‘n ruk gelede die
toonaangewende Templeton-prys ontvang wat elke tweede jaar in Amerika
uitgereik word aan dié internasionale geleerde wat die grootste bydrae
tot beide dissiplines gemaak het.
George Ellis, vermaarde professor-emiritus van komplekse stelsels aan
die Universiteit van Kaapstad, is ‘n toegewyde Christen en ‘n
wêreldbekende wetenskaplike. Hy het Saterdag sy 70ste verjaarsdag
gevier met ‘n kerkdiens waar die wonderlike Pro Canto koor, onder
leiding van die ongelooflike dirigent Leon Starker, opgetree het. Hulle
musiek voer jou in ‘n ander dimensie in om na die sterre te reik.
George het nou saamgewerk met die kosmoloog, Stephen Hawking, en ook
boeke geskryf (soos Hawking se “A brief history of time”) wat die
komplekse werk oor die relatiwiteitsteorie in ‘n gewilde idioom
vertaal het.
George het die boek “Before the Beginning” geskryf. Sowat 15 jaar
gelede het ek dit baie noukeurig gelees. Die skrywer het my die groot
eer bewys om by die bekendstelling van sy boek te praat.
Dit was ‘n tydige versoek omdat sy gevolgtrekking my sedertdien elke
dag van my lewe bybly. Die essensie van die boek is: die doel van lewe
op aarde is om liefde gestalte te gee.
Dit is natuurlik die essensie van die Christelike geloof, maar in
hierdie boek is dit ook die gevolgtrekking van harde wetenskaplike
ontleding, waarin al die empiriese vrae gevra word. Liefde word
gestalte gegee deur ‘n kombinasie van menslike empatie en inspanning –
die twee groot kragte wat saam entropie kan teenwerk – daardie neiging
tot chaos en disintegrasie.
Die beste kontemporêre boek wat ek nog ooit oor die onderwerp gelees
het, is geskryf deur ‘n Christelike sielkundige genaamd Scott Peck. U
ken dit dalk en indien nie, behoort u “The Road Less Travelled” te
lees.
Hy pak ‘n tema baie soortgelyk aan dié van George Ellis aan, maar
vanuit ‘n ander perspektief. Met my fokus op wat dit kos om die
liefde te vergestalt, voel dit inderdaad of Peck se boek begin waar
Ellis ophou. Hierin gee hy wat ek as ‘n uitstekende definisie van
liefde beskou, deur te beskryf wat dit nie is nie.
Hy sê nadruklik: liefde is nie ‘n gevoel nie. Dit is ‘n
doelbewuste, volgehoue poging van wilskrag en harde werk, om die
persoonlike groei en ontwikkeling van jouself en andere te bevorder.
Dit staan op die fondament van opoffering, diens en selfdissipline.
As jy na die sterre reik is dit dikwels nie ‘n lekker reis nie. Dit
verg ongelooflike selfdissipline en opofferings.
Dit is dan die kernfilosofie en geloof wat my dryf in wat ek doen. En
ek glo so ‘n raamwerk van doel en betekenis is die grootste vereiste
om jou in die wêreld te kan laat “tel”. Betekenis begin by
jouself.
En nou beweeg ons van die geestelike en filosofiese raamwerk na ‘n
paar uiters praktiese stappe wat ek uit
my vele loopbane geleer het.
Ek het die praktiese stappe wat my in my lewe gehelp het, in groepe
verdeel.
1. Die eerste groep handel oor die hantering van probleme soos hulle
voorkom. Ons steek die kloof tussen ons kinderjare en volwassenheid oor
wanneer ons die feit dat die lewe moeilik en dikwels onregverdig is,
aanvaar. Om probleme in die gesig te staar, gee betekenis aan die
lewe. Verwag dat dit so sal wees. Moenie jouself as ‘n slagoffer
voorgee nie. Staar uitdagings in die gesig en skep jou geleenthede.
Doen wat jy kan, waar jy is met wat jy het, en volhard.
Die les is die beste by my tuisgebring deur ‘n vriendin wat ek as
joernalis leer ken het: Caryle Murphy.
2. Die tweede groep praktiese wenke hou verband met die
belangrikheid van ‘n toekomsgerigtheid, om nie in die verlede vas te
haak nie. Leer uit jou foute en mislukkings, maar laat dit dan agter.
Moenie stilstaan by die verlede nie. Blaam en spyt is verspilde
emosies. Moenie onmiddellike resultate verwag nie. Wees gereed vir
‘n lang reis – die marathon, nie die 100 m-naelloop nie. Neem
vandag se besluite deur jouself in die toekoms in te projekteer. Kyk
dan terug en vra jouself af: watter besluit sal as die regte een oor
tien jaar beskou word?
Beyers Naude het hierdie les by my tuisgebring. Vandag vergelyk ek sy
posisie met, byvoorbeeld, dié van Adriaan Vlok. Die geskiedenis sal
‘n heel ander oordeel oor elk van hulle vel as oor hul tydgenote.
3. Dit is ‘n mite dat ‘n mens alles moet hê. Jy kan nie alles hê
nie. You can’t have it all at the same time. Daar moet opofferings
wees. Jy moet jou prioriteite stel. Bou ondersteuningsnetwerke: ek
erken elke dag dat as dit nie vir my man en my huishulp was nie, sou ek
nooit die vereistes van my pos kon nakom nie. Moet nie jou frustasies
uithaal op die mense wat vir jou lief is nie. Hulle is al wat jy op die
ou end sal hê.
4. Wees jouself, wat dit ook al dit mag wees. Moenie stereotiep
wees nie. Vrouens wat op seksuele aantreklikheid staatmaak of bedeesd
is, word nie met erns bejeën nie en moet ook nie daaroor kla nie. Wees
jouself.
5. Neem risiko’s: suksesvolle mense doen wat ander mense nie
bereid is om te doen nie. En as jy faal, val voorwaarts en staan dan
weer op. Daaruit leer jy meer as enigiets anders.
Leave A Comment