VLV bederf die oues

 

VLV bederf die oues

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 03 Dec 2018

 

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 29 November 2018

 

Aberdeen VLV het hierdie jaar weer die inwoners van Aalwynhof Ouetehuis, sowel as ‘n paar van die dorp se bejaardes, vir Kersfees bederf.

 

Die kuieroggend is afgeskop met ‘n program – gedigvoorlesing deur Estelle van Wyk, Kersverhaalvoorlesing deur Annalie Lategan, sang deur Tiané Lombard (lid Heidi Lombard se dogter) en klavierspel en samesang deur Gina de Beer (lid Lize de Jager se ma).  Lea van der Vyver sluit die program af met ‘n boodskap uit die Woord – ons moet in geloof vashou aan die hoop wat Jesus ons gee.  Ons moet liefde uitleef na almal om ons en ook bereid wees om liefde van ander te ontvang.

 

Na die program word almal bederf met tee en heerlike eetgoed wat lede gebring het.  Elkeen ontvang ook ‘n handgemaakte boekmerkie en stukkie toegedraaide Kerskoek om saam te neem.

 

Inwoner Frieda Strydom bedank namens Aalwynhof die VLV lede vir die heerlike samesyn en bederfoggend.

 

Gina de Beer speel klavier en inwoners sing saam

 

 

 

 

 

 

 

VLV lede dien eetgoedjies op

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VLV Lede. Agter vlnr: Judith Dardis, Carina Esterhuisen, Suzanne Lategan, Lea van der Vyver, Luise de Jager

Voor vlnr:: Estelle van Wyk, Heidi Lombard, Annalie Lategan

 

 

 

 

 

 

 

Inwoners

 

 

Post a comment