Wellington vier Vrouedag

 

Wellington vier Vrouedag

Posted by VLV in News, Wellington Tak 10 Aug 2017

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 9 Augustus 2017

 

Wellington VLV het hierdie jaar beplan om op 9 Augustus, Vrouedag met nog ander te vier en dit is in weelde gedoen. Monique Strydom was die trekpleister na hierdie oggend met Sop en Soetes as versnaperings. Hanje van Carmien tee het ons dag begin met die heerlikste boegoe-ystee en vertel van hul nuwe tee-reeks op die rakke. Die plaaslike broers, Michael en Philip Grobler se sang het elke vrou laat ontspan voor ons gasspreker aan die woord gekom het.

 

Monique Strydom by Alta Priem

 

Almal van ons onthou vir Callie & Monique Strydom wat as gyselaars gevange geneem is jare gelede. Monique het haar dosie Quality Streets met ons kom deel, want elkeen het ‘n ander gunsteling in die dosie.

  1. Blou sjokolade met die klappervulsel waaraan sy stadig teug.= Vergifnis . Jy moet eers jouself vergewe.Jy maak die keuses op jou pad. Jy moet die mense wat jou hartseer maak en seermaak, vergewe. Al is dit iemand na aan jou. As jy iemand vergewe wat jou afbreek of mishandel, hoef jy nie met die verhouding aan te gaan nie . Jy KAN omdraai en wegstap. Jy MAAK jouself vry deur vergifnis.
  2. Goue papiertjie met die lang,taai sjokolade= Sekuriteit Jy het Fisiese(klere), Finansiële (kos en opvoeding) en Emosionele (liefde)  Sekuriteit nodig in jou bestaan. As daar nie sekuriteit is nie, bou vrees op . Vrees maak dat mense steel en inbreek. As vrees inskop, begin bid (mediteer) en jy sal rustiger word. Haal asem, vat af by die werk en vat beheer van jou vrees. Sodra jy rustiger is, sal jy helderder funksioneer en dink en weet wat jou te doen staan..
  3. Pers, groot Haselneut sjokolade= Heel in die middel is die neut omring met karamel. Jy is die neut  en die karamel  is die liefde . As jy nie vir jouself lief is nie, is dit moeilik om vir ander lief te wees. Ek is volmaak , want dit is hoe God ons gemaak het. Wees lief vir jouself.
  4. Klein pienk vierkantige sjokolade= Doelwitte in die lewe. Mense wat in iets of iemand glo, kom makliker deur ‘n storm. Die doel agter alles is om ons te vorm. Hou jou doelwit voor oë en jy vorm jouself.

 

Mensig as tyd soms wil stilstaan, sou ons seker tot 2018 se Vrouedag na Monique kon luister.  ‘n Inspirasie vir elke VLV-lid en vriendin. Haar boek “Vrygekoop” is te koop by www.moniquestrydom.com of www.matlabana.co.za.

 

Hanje van Carmien Tee

 

Baie dankie aan ons borge: Eureka meule, Deeghuis Paarl, Aloe Ferox, Funky Ouma, Tetleys tee, Roses handmade, Media 24, Ina Paarman, Carmien Tee en vele meer, dat ons so bederf is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tafels getooi vir die dag met Pick n Pay se mooi oranje inkopiesakke.

 

 

 

 

June Smit met haar gaste

 

 

 

Juanita Loubser (voorsitter Wellington), Mariette Steenkamp, Charlene Elliot (agter), Dené Vlok en Natalie Koen (voor)

 

 

 

Nadine Marais met haar ma en dogter

 

 

 

 

 

 

 

Mariette Rossouw met vriendinne

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerda Smit met vriendinne

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

     

Monica Geldenhuys by haar mooi tafel.                      Amelia Jacobs se “Mad Hatter” tafel.

 

 

 

Post a comment

nine − 8 =